IT PAT : Prakitese Assesseringstaak
 

Die IT praktiese assesseringstaak of PAT tel 25% van die finale punt van die vak. Die PAT is veronderstel om die toepassing van kennis, vaardighede en waardes wat die leerder in IT deur die jaar opgedoen het te wys.

Sien die departementele riglyne (inligting oor die onderwerp en hoe dit geassesseer moet word):
ITPAT2008.pdf (PAT document in English)
PATITAFR2008.pdf (PAT-dokument in Afrikaans)


GR. 12 NAVORSINGPROJEK
Die huidige graad 12 onderwerp is baie wyd. Leerders moet 'n onderwerp formuleer rondom 'Die Mobiele Węreld' en die volgende scenario word verskaf:

One and a half billion people, all over the world, are walking around with powerful “computers” in their pockets and purses. The fact is that they often do not realize it, because these “computers” are often referred to by another device name. One such device could be today's high-end cell phones which have the computing power of a mid-1990s personal computer (PC). Marc Prensky, Innovate, June/July 2005
(
Read complete article What Can You Learn from a Cell Phone? Almost Anything!)



Voorbeelde van onderwerpe vir die graad 12 navorsingsafdeling van die PAT (Die Mobiele Węreld):

-
Mobiele Leer (m-leer) ook genoem in die PAT-dokument
- Mobiele sekuriteitstoestelle
- Mobiele navorsing (in skool ensiklopedië, woordeboeke, ens.)
- Mobiele taalontwikkeling (meertalige hulpbronne)
- Mobiele bankwese
- Mobiele inkopies
- Mobiele verslaggewing en volg van nuusgebeure
- Mobiele gesondheidsmonitering / mediese inligting
- Mobiele televisie en interaktiewe vermaak

Plekke waar gesoek kan word na inligting omtrent m-leer sluit in:
http://en.wikipedia.org/wiki/Mobile_learning
http://www.irrodl.org/index.php/irrodl/issue/view/29
http://www.mlearn.org.za/papers-full.html

GR.12 PROGRAMMERINGSPROJEK

Die bestuur van die skool het die Graad 12-IT-leerders genader om ‘n programmatuuroplossing te ontwikkel om die administrasie van ‘n skool-gebaseerde gebeurtenis te hanteer. Die leerders word versoek om ‘n program in Java/Delphi te skryf wat met ‘n databasisprogram sal koppel en ‘n GUI sal gebruik om met gebruikers te kommunikeer om die probleem op te los. Saam met die program moet die leerders ook ‘n tegniese handleiding en ‘n gebruikershandleiding vir die program saamstel.

Die programmeringsprojek is oop. Dit beteken dat die leerder sy/haar eie onderwerp of fokus-area binne die konteks van die gegewe scenario mag kies.

Voorbeelde van moontlike skool-gebaseerde gebeurtenisse om van te kies:
o ‘n Graad 8-verskeidenheidskonsert
o ‘n Atletiekkompetisie vir Graad 8-leerders om potensiële atlete te identifiseer
o VRL (Verteenwoordigende Raad van Leerders)-verkiesings
o Uitstappies
o Kompetisies soos byvoorbeeld LAN-partytjies
o Sokkerrondomtalie, ens.


Sien ook die PAT-programmeringsprojek voorbeeld van 'n raamwerk deur Mike Scordilis: PAT-example.rtf

 






Terug na Tuisblad

© JAK Olivier (2008)

Webwerf: http://www.jako.nom.za/
E-pos: olivier@teachitza.com