IT PAT : Praktiese Assesseringstaak
 


GRAAD 10 PAT
Voorgestelde onderwerp en merkskema vir die graad 10 PAT.

ITPAT10Eng.doc (PAT document in English)
ITPAT10Afr.doc (PAT-dokument in Afrikaans)
 

GRAAD 11 PAT
Voorgestelde onderwerp en merkskema vir die graad 11 PAT.

ITPAT11Eng.doc (PAT document in English)
ITPAT11Afr.doc (PAT-dokument in Afrikaans)
 

GRAAD 12 PAT

Die IT praktiese assesseringstaak of PAT tel 25% van die finale punt van die vak. Die PAT is veronderstel om die toepassing van kennis, vaardighede en waardes wat die leerder in IT deur die jaar opgedoen het te wys.

Sien die departementele riglyne (inligting oor die onderwerp en hoe dit geassesseer moet word):
ITPAT2009Eng.pdf (PAT document in English)
ITPAT2009Afr.pdf (PAT-dokument in Afrikaans)


Scenario vir die 2009 Graad 12 PAT:

Die skool het baie kleinsakeinitiatiewe waarvoor hulle graag programmatuur sal wil gebruik om dit te adminstrateer. Byvoorbeeld
- ‘n Snoepwinkel
- ‘n Rekenaarherstelwinkel
- ‘n Voorraadwinkel vir die skool (skooldrag, sportitems, ens.)
- ‘n Boekwinkel of DVD-winkel, ens.

Sommige van jou mede-skoliere het moontlik ook programmatuur nodig vir kleinsakeondernemings wat skoolaktiwiteite te ondersteun. Byvoorbeeld
- ‘n Foto-winkel wat fotos neem vir skoolaktiwiteite soos die Graad 12 afskeid
- ‘n Rekenaarherstelwinkel wat die rekenaars van medeskoliere herstel
- ‘n Klein drukkersbesigheid wat programme vir gebeurtenisse by die skool druk.

Identifiseer ‘n toepassing wat benodig word in enige kleinsakeonderneming in die skoolomgewing waarvoor ‘n program geskryf moet word.

Die program moet interaktief wees met ‘n databasis en ‘n grafiese koppelvlak (GUI) gebruik om met die gebruiker te kommunikeer. Java of Delphi moet gebruik word as programmeringstaal. Die leerders moet saam met die program ook ‘n tegniese handleiding en ‘n gebruikershandleiding vir die program saamstel.
Die programmeringsprojek is oop. Dit beteken dat die leerder sy/haar eie onderwerp of fokus-area binne die konteks van die gegewe scenario mag kies.

 






Terug na Tuisblad

© JAK Olivier (2009)

Webwerf: http://www.jako.nom.za/
E-pos: olivier@teachitza.com