DELPHI: Tweedimensionele skikkings en StringGrid
 

Indekse

Indekse word gebruk met string-veranderlikes, waar in die geval die verandelike sVan die waarde ‘Smith’ bevat. Dus sal sVan[2] die letter ‘m’ wees, want dit is die tweede karakter in die veranderlike.
sVan
1 2 3 4 5
S m i t h

Die getal wat gebruik word om na die bepaalde karakter te verwys word die indeks genoem en word in blokhakkies geplaas.

Sommige komponente begin nie met 'n indeks van 1 nie; die ListBox begin byvoorbeeld by 0. Dus het die eerste item in 'n ListBox 'n indeks van 0.

'n Skikking kan gebruik word om baie data-items van dieselfde soort onder dieselfde naam te stoor. Elke item word van die ander onderskei deur middel van 'n indeks.

Skikkings moet verklaar word onder die var en die grense moet aangedui word, byvoorbeeld:
var
  arrName : array[1..20] of String;
  arrOuderdomme : array[1..1000] of Integer;

Die skikking arrName kan tot 20 name bevat (String-datatipe).
DIe skikking arrOuderdomme kan tot 1000 heelgetalwaardes bevat.


Wat is 'n tweedimensionele skikking of matriks?


'n Tweedimensionele skikking bestaan uit:
- 'n beperkte,
- geordende stel elemente
- van dieselfde datatipe.

Tweedimensionele skikkings of matrikse word op dieselfde manier as gewone skikkings verklaar:
var
  arrName : array[1..20, 1..20] of String;
  arrOuderdomme : array[1..5, 1..1000] of Integer;


Die skikking arrName kan tot 20 name bevat (String-datatipe) onder 20 opskrifte.
DIe skikking arrOuderdomme kan tot 1000 heelgetalwaardes bevat onder 5 opskrifte.

Ons kan dus sê dat as 'n tweedimensionele skikking verklaar word ons eers die kolomme en dan rye verklaar. Dit is ook waar van die StringGrid-komponent.

StringGrid1.Cells[Kolom,Ry]

StringGrid1.Cells[4,1] := 'Hi'; gee dus:


Voorbeeld aktiwiteite:

1) Vul 'n StringGrid-komponent met die maaltafels van 1 tot 10.

procedure TForm1.Button1Click(Sender: TObject);
var
  iC, iR, iAns : integer;
begin
  For iC := 0 to 9 do
  begin
    For iR := 0 to 9 do
    begin
     iAns := (iC+1) * (iR+1);
     StringGrid1.Cells[iC,iR] := IntToStr(iAns);
    end;
   end;
end;



2) Maak die StringGrid-komponent skoon

procedure TForm1.Button2Click(Sender: TObject);
var
  iC2, iR2 : integer;
begin
  For iC2 := 0 to 9 do
  begin
    For iR2 := 0 to 9 do
    begin
     StringGrid1.Cells[iC,iR] := '';
    end;
   end;
end;


Neem kennis dat daar geen spasies tussen die enkelaanhalingstekens ('') in die tweede aktiwiteit.
 

Terug na die Delphi-hulpbronindeks




Terug na Tuisblad

© JAK Olivier (2008)

Webwerf: http://www.jako.nom.za/
E-pos: olivier@teachitza.com