DELPHI: Skikkings
 

'n Skikking kan gebruik word om data items van dieselfde soort onder dieselfde naam te stoor. Elke item word onderskei deur die gebruik van 'n indeks.

Skikkings moet verklaar word onder die var en daar moet die omvang ook aangedui word, byvoorbeeld:

var
arrName : array[1..20] of String;
arrOuderdomme : array[1.1000] of Integer;

Die skikking arrName kan tot 20 name bevat (String teksdatatipe).
Die skikking arrOuderdomme kan tot 1000 heelgetalwaardes bevat.

Dinamiese skikkings kan gebruik word in gevalle waar daar nie 'n duidelike aanduiding is van hoeveel items aanvanklik gebruik gaan word nie.


Data kan in 'n skikking ingelees word deur 'n lus ('loop') te gebruik, byvoorbeeld:

var
 Form1: TForm1;
 arrNum : array[1..10] of Integer;

implementation

{$R *.DFM}

procedure TForm1.btnEnterNumClick(Sender: TObject);
var
 iCount : Integer;
begin
 FOR iCount := 1 to 10 do
 begin
  arrNum[iCount] := iCount * 2;  
{Data: teller maal twee}
 end;
end;

procedure TForm1.btnDisplayNumClick(Sender: TObject);
var
 iCountB : Integer;
begin
 FOR iCountB := 1 to 10 do
 begin
  redOutput.Lines.Add(IntToStr(arrNum[iCountB]));
 end;
end;
end.



Neem kennis:

• Die skikking word globaal verklaar sodat dit in meer as een prosedure gebruik kan word.
• Die teller wat vir die FOR-lus gebruik word, word ook as indeks vir die skikking gebruik.
• 'n Ander lus word gebruik om die waardes in die skikking te vertoon.
 


Data kan ook in 'n globaal verklaarde skikking ingelees word deur die edit-kassie en 'n knoppie te gebruik (data word in die voorbeeld in 'n ListBox vertoon):

var
 Form1: TForm1;
 arrNames : array[1..10] of String;
 iCount : integer;
{Items ingesleutel}

implementation

{$R *.DFM}

procedure TForm1.btnEnterNameClick(Sender: TObject);
begin
 iCount := iCount + 1;
{Teller neem met 1 toe}
 arrNames[iCount] := edit1.text;
end;

procedure TForm1.FormCreate(Sender: TObject);
begin
 iCount := 0;
{Aanvanklike waarde van teller}
end;

procedure TForm1.btnDisplayNamesClick(Sender: TObject);
var
 iForCounter : integer;
{FOR-lus teller}
begin
 FOR iForCounter := 1 to iCount do
 begin
  lstNames.Items.Add(arrNames[iForCounter]);
 end;
end;

end.

 

Terug na Delphi-hulpbronindeks




Terug na Tuisblad

© JAK Olivier (2008)

Webwerf: http://www.jako.nom.za/
E-pos: olivier@teachitza.com