DELPHI: Toevoer en Afvoer
 


'n Belangrike konsep vir rekenaars is toevoer, verwerking en afvoer - dit word ook vir sagteware gebruik. As toevoer gekry word, word veranderlikes dikwels gebruik.

Toevoer word gewoonlik met die komponente gedoen:
Edit
RichEdit
Memo
RichEdit
MaskEdit
StringGrid

Afvoer word gewoonlik met die komponente gedoen:
Label
Panel
Memo
ListBox
RichEdit
StringGrid


Toevoer en afvoer deur middel van venstertjies wat gedurende die uitvoer van 'n program vertoon word:

a) ShowMessage
• 'n Klein venstertjie word opgeroep en gee addisionele inligting vir die gebruiker.
• Die enigste parameter (waarde verskaf deur die programmeerder) is die boodskap wat vertoon moet word.
• Die naam van die projek word as 'caption' vir die vorm vertoon.
• 'n Voorbeeld van die programkode is:
ShowMessage('This is a ShowMessage!');

b) InputBox
• Die dialog-venstertjie laat die gebruiker toe om data in te sleutel in die program.
• Die kode vir 'n InputBox vereis die volgende:
      Teksresultaat := InputBox(‘Venster opskrif', ‘Vraag/Instruksie’, ‘Outomatiese waarde’);
• Om byvoorbeeld die data in die stringveranderlike sName te stoor en dit oor te plaas na 'n label word die volgende gebruik:

procedure TForm1.Button1Click(Sender: TObject);
var
  sName : string;
begin
  sName := InputBox('Name', 'Enter your name', '');
  lblName.Caption := sName;
end;

c) MessageDlg (Message Dialog box)
• MessageDlg-kassies word gebruik om vir die gebruiker sekere opsies of waarskuwings te geen en die gebruiker dan toe te laat om 'n keuse uit te oefen omtrent wat gedoen moet word of nie.
• Dit word veral gebruik met foutboodskappe of om vir die gebruiker te vra of gestoor moet word asook as die program verlaat word.
• Die kodestruktuur vir die MessageDlg is as volg:
      MessageDlg('TeksVertoon', 'Boodskaptipe', 'Knoppies', 'Hulponderwerp');
• Hier is drie voorbeelde van die gebruik van die MessageDlg:

MessageDlg('Invalid input!', mtWarning, [mbOK],0);

if MessageDlg('This is an error', mtError, [mbOK, mbAbort],0) = mrOK then
  lblOutput.caption := 'Gebruiker het OK gedruk'
else
  lblOutput.caption := 'Gebruiker het Abort gedruk';
(Voorbeeld vereis label met die naam lblOutput)

if MessageDlg('Do you want to exit', mtConfirmation, [mbYes, mbNo],0) = mrYes then
  Application.Terminate;
{Maak vorm toe met Form1.Close}

Boodskaptipes: mtWarning, mtError, mtInformation, mtConfirmation, mtCustom.

Tipe knoppies: mbYes, mbNo, mbCancel, mbHelp, mbAbort, mbRetry, mbIgnore en mbAll. (Daar is ook groeperings soos: mbYesNoCancel, mbOKCancel en mbAbortRetryIgnore.)

 


Terug na Delphi Basiese komponent/strukture




Terug na Tuisblad

© JAK Olivier (2008)

Webwerf: http://www.jako.nom.za/
E-pos: olivier@teachitza.com