'n Veranderlike is 'n plekhouer
waarin waardes gestoor kan word.
Datatipes wat met veranderlikes
gebruik word:
Datatipe |
Beskrywing |
Voorvoegsel en voorbeeld |
String |
tekswaardes (getalle en letters) |
s (sNaam) |
Integer |
heelgetalle |
i (iGetal) |
Real |
heelgetalle en breuke (dus
getalle met desimale punt) |
r (rBedrag) |
Char |
enige enkel karakter (teks,
simbool of getal) |
c (cLetter) |
Boolean |
waar of vals waardes
(true/false) |
b (bGeldig) |
Veranderlike verklaring:
- Veranderlikes word verklaar na die afkorting “var”
- Veranderlikes kan globaal verklaar word: hulle
word dan onder die var bo die 'implementation' aan die begin van die
programkode verklaar. Hierdie veranderlikes is geldig vir die hele program,
- Veranderlikes kan ook lokaal verklaar word (lokale
veranderlikes). Hierdie veranderlikes word binne die 'event handler' (die
prosedure wat jy self geskep het deur op 'n knoppie te dubbelklik byvoorbeeld).
Jy moet self die woord 'var' insleutel sowel as die veranderlikes. Hierdie
veranderlikes is slegs geldig vir hierdie spesifieke 'event handler' of prosedure.
- Byvoorbeeld:
procedure
TForm1.btnEnterNumClick(Sender: TObject);
var
iCount : Integer;
begin
...
end;
- Soortgelyke veranderlikes kan saam gelys
word - geskei deur 'n komma:
var
sName, sSurname : String;
iAge, iNum1, iNum2 : Integer;
rAmount : Real;
Reëls vir veranderlike (en komponent) name in
Delphi:
- Name kan enige lengte wees, maar Delphi
gebruik slegs die eerste 255 karakters.
- Die eerste karakter moet 'n letter of
onderstreepkarakter (_) nie 'n getal nie.
- Jy kan nie enige spesiale karakters soos
byvoorbeeld 'n vraagteken (?) gebruik nie, maar wel die onderstreepkarakter
(_).
- Geen spasies word toegelaat in die naam van
die veranderlike nie.
- Gereserveerde woorde (soos: begin, end, if en program)
kan nie gebruik word as veranderlikes nie.
- Delphi is kassensitief - dit maak nie saak of
hoofletters gebruik word of nie. Maak net seker dat name konsekwent gebruik
word regdeur die program.
Sien ook veranderlike
lesaanbieding
MS
PowerPoint presentation
|