DELPHI: Herhaling
 

Lusse ('loops') word gebruik om bepaalde stellings te herhaal volgens 'n bepaalde getal of sekere voorwaardes.

FOR-lus (onvoorwaardelike lus)

  • Dit herhaal instruksies vir 'n vasgestelde hoeveelheid kere.

  • Gebruik teller (dit moet ordinaal wees: integer of char)

  • Gebruik begin- en eindwaarde wat die herhalings bepaal.

  • Kan tel (bv.1 TO 10) of aftel (bv. 10 DOWNTO 1).

  • Struktuur:

    FOR <teller> := <beginwaarde> TO <eindwaarde> DO
    BEGIN
     <stellings;>
    END;

     

WHILE-lus (voorwaardelike lus)

  • Herhaal afhangend van bepaalde voorwaarde(s).

  • Herhaal terwyl 'n sekere voorwaarde WAAR is.

  • Volgorde:
    - Veranderlike wat getoets word, moet 'n aanvanklike waarde hê.
    - Veranderlike word getoets aan die begin.
    - Veranderlike moet verander sodat lus kan stop.

  • Struktuur:

    WHILE <voorwaarde(s)> DO
    BEGIN
     <stelling(s)>
     <verander voorwaarde sodat lus kan stop>
    END;


REPEAT-lus (voorwaardelike lus)

  • Herhaal afhangend van bepaalde voorwaarde(s).

  • Anders as die WHILE-lus toets die REPEAT-lus vir 'n voorwaarde aan die einde van die uitvoering van sekere stellings eerder as aan die begin.

  • Die instruksies in 'n REPEAT-lus sal altyd ten minste een keer vertoon word.

  • Het nie 'n BEGIN en END nodig nie.

  • Die voorwaarde(s) dui aan wanneer opgehou moet word en nie wanneer om aan te gaan soos met die WHILE-lus nie.

  • Volgorde:
    - Veranderlikes moet geïnisialiseer word voor uitvoering.
    - Veranderlike moet verander aan die einde van die lus om 'n oneindige lus te vermy.
    - Die veranderlike word getoets aan die einde van die lus. As die stelling VALS is sal die lus weer herhaal.

  • Struktuur:

    REPEAT
     <stellings(s)>
     <verander voorwaarde sodat lus kan stop>
    UNTIL <voorwaardes sodat lus stop>;

     

Terug na Delphi-hulpbronindeks




Terug na Tuisblad

© JAK Olivier (2008)

Webwerf: http://www.jako.nom.za/
E-pos: olivier@teachitza.com